top of page

Ons boer al die afgelope 14 jaar op die plaas Doornkraal, net buite Cullinan, met ons land se nasionale blom, bekend as die koning protea, asook ander variëteite van proteas.

 

Protea verwys na 'n blommegeslag in die familie Proteaceae. Die Proteaceae, wat hulle naam van die veelvormige Griekse god, Proteus, gekry het, spog met ongeveer 300 spesies. Proteas is bekend vir hul prag en rykheid.

 

Die plaas spog met sowat 33 variëteite. Ons hou daarvan om te dink ons is nie net gewone protea boere nie maar bedryf terselfdetyd ‘n proefplaas.

 

Ons is trots om te kan sê ons is tans die enigste protea boere in Suid-Afrika wat ‘n “wit-wit’’ protea kan oplewer. Ons het deur die jare geleer wat in Gauteng en omgewing werk. Ons missie op die plaas Doornkraal was, om die Kaap Gauteng toe te bring, en ons dink ons poging is suksesvol tot dusvêr.

 

Bergsig Kwekery spesialiseer in die kweek van inheemse bome , struike en grondbedekkers. Ons bied ook 'n verskeidenheid blom saailinge vir elke seisoen aan.


Ons het ook n spesiale reeks groente saailinge en potte vir die klein tuin vir mense wat hulle eie groente wil kweek
 

 

PROTEAS

 

Die plaas Doornkraal

 

 

 

 

Ons deel graag hierdie kennis en ervaring met die publiek.  Kom gesels gerus met ons. Ons kan verder met trots sê dat ons die publiek dwarsdeur die jaar kan voorsien van proteas hetsy dit vir troues, funksies of sommer net vir die eetkamer tafel.

INHEEMSE PLANTE

Bergsig Kwekery

Afriflowers is spesialiste in die produksie van Suid Afrikaanse inheemse bolagtiges ook bekend as geofiete. Hierdie groep van plante word deur sowat 4000 spesies verteenwoordig. Dit is ons passie om van hierdie plant spesies te ontwikkel en kommersieël beskikbaar te stel.

 

Die uitdaging in enige bol produksie sisteem is om bolle so te produseer dat dit siektevry, koste effektief en volhoubaar gedoen kan word.

 

Afriflowers spesialiseer in die ontwikkeling van produksie sisteme vir ons inheemse bolagtiges wat hieraan voldoen. Ons is dan tans die enigste moederbol produsent van die kommersieële Lachenlia cultivars wat deur die LNR ontwikkel is. Ander bolagtiges wat ook geproduseer word Eucomis, Ornithogalum, Zantedechia (beide calla en aronskelk soorte), Clivia, Kniphofia en Veltheimia.

INHEEMSE BOLAGTIGES

Afriflowers

Mountain Herb Estate word deur Zirkia, Dawid en Maryke Swart bestuur en is in 2005 gestig . Ons spesialiseer in kulinêre, medisinale en insekwerende plante sowel as plant sade. In 2008 het Zirkia haar breë kennis oor kruie, sowel as die gebruik van verskillende kruie, met die luisteraars van Radio Pretoria gedeel. Sy het bekend geword vir haar weeklikse praatjies oor kruie. Sy stuur maandelikse nuusbriewe aan haar kliënte en aan vorige Radio Pretoria luisteraars.

 

Ons produkte sluit in kruieliteratuur en kruiemiddels - gedroogde kruie, salf, olie, tinkture, kapsules, gesondheids beskuit en konfyt, gemaak van ons eie kruie, blomme en bessies. Ons praktyk is om alles organies te doen en propageer 98% van ons plante self. Ons plante is in sakkies, goed gevestig, gehard, is gewoond aan die son en en kan in enige tuin gebruik word sonder om die plante eers gehard te maak. Kliënte ontvang komplimentêre inligtingstukke van die kruie wat hulle koop. Ons oes en verkoop bestuifde saad uit ons tuin - die saai instruksies is saamgestel as gevolg van ons eie ervaring. Ons pos ons sade, kruie produkte en sommige plante oor die hele land. Ons is geleë tussen Pretoria en die Hartbeespoortdam in Kameeldrift-Wes, aan die voet van die Magaliesberge op die oostelike kant van Hartbeespoortdam.

 

www.herbgarden.co.za

KRUIE

Mountain Herb Estate

VETPLANTE

Ngena Kwekery

 

Ngena Kwekery spesialiseer in die produksie van vetplante, beide inheems en uitheems. Magda Sauer versamel al vir 40 jaar interessante plante en sy het 'n passie vir sukkulende plante. Ngwena kwekery is die vrug van hierdie stokperdjie, wat oor die jare 'n groothandel besigheid geword het. Die kwekery het iets van alles, vir enige entoesias, en selfs die ernstige plant versamellaar sal altyd iets nuuts in ons kwekery ontdek.

 

Ons voorsien plante aan kwekerye, tuinboukundiges en kweek op aanvraag en kotrak, vir kliente wat sekere kwantiteite plante benodig. Ons missie is om altyd iets nuuts en oorspronklik, aan die mark te voorsien. Dan ontwerp ons ook miniatuur rots tuine en ons sogenaamde "living walls" met vetplante. John Sauer, doen ook ontwerp en tuinuitleg in die Gauteng area.

 

Met die verandering in weer patrone, en water wat al hoe skaarser word sal mense moet begin anders dink as hulle tuine beplan en uitlê. Vetplante is nie net 'n volhoubare oplossing nie, maar met die verskeidenheid van vetplante wat deesdae beskikbaar is, kan 'n goed beplande vetplant tuin meeding , met enige ander tuin.

bottom of page