top of page

INHEEMSE PLANTUITSTALLING IN 'CHELSEA STYL'

INHEEMSE PLANTUITSTALLING IN 'CHELSEA STYL'

Suid Afrika is geseën met 'n wonderlike, ryk plant diversiteit, wat wêreldwyd bekend is by plantkundiges en plantentoesiaste. Met die Cullinan Protea en tuin ekspo wil die gemeenskap van Cullinan hierdie wonderlike, ryk plant diversiteit met die mense van Suid Afrika deel. Ons inheemse plantuitstalling, in 'Chelsea styl', beloof om ons gaste op 'n onvergeetlike reis te neem, 'n reis wat die plant diversiteit tot in jou huis en tuin bring.

 

Begin jou reis met jou tone in sagte seesand terwyl jy oor kus plante heen na die groot blou waters tuur. Volg die paadjie langs die helder waterstroom na lowergroen woude en loer so bietjie deur 'God's Window'.

Verwyl so stukkie by die voorstoep en verwonder jou aan die volmaaktheid van ons proteas en fynbos. Net voor jy na die werklikheid terugkeer is ons woenstyn plantjies ook daar, net om jou te herinner dat party met min kan klaar kom.

 

Wat 'n voorreg om omring te wees met soveel skoonheid en diversiteit! Kom geniet so stukkie van die lewe van oorvloed wat ons gratis ontvang!

                              

Ons wonderlike ryk plant diversiteitSuid Afrika is geseën met 'n

                                                         wonderlike, ryk diverse plantegroei wat wêreldwyd bekend is

by

                                                        plantkundiges en plantentoesiaste. Van vroegste tye af is Suid Afrika

 

anse plant spesies na die buiteland geneem vir beskrywing,

veredeling en kommersialisering. Van die bekendste genera en

families wat 'n stukkie vreugde bring tot wêreld tuine en huise is

 

(malvas), (Swaardlelies), (Baberton daisy) (Arum-/Callalilies), Proteaceae,Ericaceae,(aalwyne), (kraanvoël lelies) en mesembryanthemums (vygies).

 

Hierdie ryk diversitiet word deur sowat 22 000 spesies verteenwoordig, wat in sowat 2180 genera en 227 plantfamilies gegroeppeer word. Omtrent 10% van die wêreld se blommende spesies word in Suid Afrika aangetref. Plante is afhanklik van klimaatsomstandighede vir groei en te verstane gee die verskillende klimaatsones aanleiding tot verskillende tipes plante groei. Natuurwetenskaplikes verdeel Suid Afrika in se plantegroei in 8 hoof plantegroeistreke.

 

Suid Afrika is ook die enigste land in die wêreld wat 'n totale plant koninkryk binne sy grense insluit, naamlik die 'Cape Floral Kingdom'.Die 'Cape Floral Kingdom' sluit vyf van die 8 hoof plantegroeie streke van Suid Afrika in en bestaan uit sowat 9000 spesies waarvan 69% endemies (slegs in die plant koninkryk voorkom)aan die plant koninkryk is. Fynbos en renosterveld maak die grootste bydrae tot hierdie koninkryk met sowat 7000 spesies. Dit is dan ook die belangrikste bydrae tot die plant diversiteit van Suid Afrika. Lente in die Kaap is asemrowend, met al die blommende Proteas, hyde,pelargoniums en verskeidenheid van geofiete(bolagtiges), maar Namaqualand bly die skouspelagtigste. In enkele dae word droë, woestynagtige land in 'n sprokiesland van kleur en geur om tower. Helder geel en oranje Namaqualand daisies lyk op die oog af om te oorheers, maar as jy tyd maak om tussen die daisies te kyk slaan die diversiteit jou stom.

 

Die Hoëveld plantegroeistreek met sy besondere klimaat is naas Fynbos die tweede rykste in plantdiversiteit. Die streek het 'n Somerreënval en Somerdae is warm en relatief windvry en winters is matig met enkele koue dae met ryp, maar niks wat nie deur 'n bietjie beskerming uitgehou kan word nie. Gauteng, wat in die hart van die hoëveld geleë is en gerieflike toegang tot O.R. Tambo lughawe het, is dan ook bekend vir sy blom- en kwekery bedrywe. Plante van regoor die wêreld word hier gekweek, vir beide uitvoer en lokale markte. Die gebied sluit ook kwekery in wat inheems plante vanuit al die plantegroeistreke van Suid Afrika kweek. Die dorpie Cullinan en omgewing, sowat 35 km buite Pretoria, stel dan ook nie teleur met sy groenvinger mense nie. Die Protea en Fynbos bedryf geniet groot aanhang in die gebied en is 'n steeds groeiende bedryf.

 

Ons inheemse plantuitstalling, in Chelsea styl, beloof om ons gaste op 'n onvergeetlike reis deur Suid Afrika se wonderlike plant diversiteit, neem, 'n reis wat die diversiteit tot in jou huis en tuin bring.

 

Die twee dae is egter baie meer as net 'n Inheemse uitstalling. Loer gerus op die ander blaaie op ons web-blad.

bottom of page